Ons Kalahari trippie Augustus 2013 Skietmaat 1 (skietmate genommer in volgorde soos ek hulle ontmoet het, ek ken vir SM1 al meer as tien jaar maar het vir SM3 eers net voor hierdie ding ontmoet) is al lankal op my saak om saam met hom die Kalahari in te vaar. Ek het net leverguns, die goed skiet nie plat genoeg nie, maar SM1 hou aan, so ek koop toe maar 'n 300 WinMag Howa, doen toegewyde jagter, lisensieer die ding. Piele. So nou moet ek saam Kalahari toe. Daar gekom, dag een, fok koud. Ryp die hele bliksemse wêreld vol. Die uwe het al so 'n keer of twee sy balle afgevries, so die thermals is ingepak. Thermals, camo, donsbaadjie, swerpie, boontjie, handskoene. Noem my Mr Michelin Man. Nog steeds effe onplesierig agter op die bakkie, maar sonder al die warm goed sou ek gekak het. Ons mik noord, die duine in. Miskien eers iets oor die missie. Vier van ons soek 'n gemsbok elk. En SM1 soek een of twee springbok. So toe ons vir springbokkie #1 gewaar is SM1 paraat, 270, 250m, daar lê bokkie. Eerste bloed, piele. Maar ons soek daai groot goed met die lang horings. Die Spesialis in Beheer van Hekke, Bokke Sien en Spoorsny (SBHBSS) agter op die bakkie het goeie oë, beduie in die rigting van 'n boom. Daar staan broer gemsbok op so 300m. SM2 besluit hy's reg, gooi lood, ons sien so effe stof en bok is weg. Nou sê hulle vir my die erdvark is 'n bedreigde spesie of iets. Kak. Daai goed grawe gate die hele werf vol, en die plaasboer ry so nou en dan een raak. Veral as hy haastig is. Soos byvoorbeeld agter 'n vermoedelik gekweste bok aan. Konsternasie agter op die bakkie, laat ek jou vertel. Kom by die veedraad (daar's wilddraad rondom die plek, en veedraad om kampe te maak, want hulle boer bees en skaap en die gemsbok is so half bywoners) maar lyk nie asof broer bok oor is nie. En ons sien hom ook nie die kant nie. SM1 vermoed hy't die afterburners aangesit en hy's sterk op pad Koekenaap toe. Ons loop kyk waar hy gestaan het, kry sy wegspring, kry niks bloed nie, konsensus is dit was dalk mis. Maar ons wil seker maak, dit voel nie lekker nie. Intussen loop die SBHBSS al op die spoor langs. Toe ons hom weer inhaal skiem hy daai bok lê onder 'n boom (wel, hulle noem dit 'n boom, daar in die Kalahari) daar anderkant. Piele. Maar daai bokkie sien ons kom, besluit hy laaik fôkkol van 'n klomp mal moere agter op 'n bakkie, daar gaat hy. Plaasboer is nie 'n skaap nie, so hy mik ander kant om die duin, sodat SM1 (wat kan skiet) en SM2 (wie se bok dit is) oor die duin kan kruip en hopelik vir bokkie kan gewaar. Behalwe terwyl hulle nog daar staan en hulle gewere en ammo in die môreson staan en bewonder, kom bokkie oor die duin gewandel, nie 'n saak in die wêreld nie. SM1 skree "skiet die donnerse ding", my geweer is nog in sy sak (hey, ek kom van Kaapstad af swaer, ons vat so 'n tydjie om te ontdooi op die beste van tye) en voor ek die 357 kan uitpluk is bokkie vort. So ons doen maar weer dieselfe ding, retireer, ry so 'n paar duine verder, soek vir bokkie. Die SBHBSS spaai hom daar langs die draad lê, die keer klap SM1 hom deur die kop met die 270, klaar gelag. Turns out SM2 se skoot het net die sening op sy voor-elmboog gebreek, dis hoekom bokkie nie die heining wou oor nie. Nice groot bul. Piele. Maar dis een en ons soek vier. Besluit om gou eers lunch te klap, maak vuur, braai wors, praat kak, geen probleme nie. Terug op die bakkie (wat effe minder wip met so 'n bietjie ekstra gewig op). En daar kry ons toe 'n trop. Met 'n ma van 'n groot koei in die middel. Bietjie vêr, ons retireer, stap oor die duin, benader hulle so half van die kant af. Fôkol trop gemsbok. Maar! Daar's twee springbok. Vat wat jy kry, broer. SM1 klap springbok deur die nek, so 200m. Piele. (Weet nou nog nie waar daai trop gemsbok heen is nie, maar nou ja). Ons soek verder. Kry toe so 'n klein troppie, sewe bokke, ses van hulle ernstig undersize. SM1 klap toe maar die grootste een, nie 'n slegte size koei nie, voor deur die bors (SM1 skiet befok, maar 'n gemsbok se brein is kleiner as meeste in die parlement, hy wil nie daai kans vat nie). Piele. Maar nou trek die son water, en dis nog steeds koud, en al daai erdvarkgate vat hulle tol, ons scheme dit tyd vir drink. En braai. Maar op pad terug sien SB1 'n groot springbok en besluit hy wil daai horings hê. Het ek gesê SM1 kan skiet? Want hy kan. Net so anderkant 400m op 'n pan, met wind teen so 20km, maar bokkie lê. Piele. Kry huis, maak vuur, drink bier, julle ken die storie... Dag twee, effe warmer, maar Michelin man klere is nog steeds aan te beveel. Ja, ek's 'n sissie, maar ek's 'n warm sissie. Ons sit af in die ander rigting, suidwaarts. Fôkkol. Ry nog rond. Nog fôkkol. En so voorts een so aan. Sien een groot bul, moer vêr in 'n ander kamp (3-4 km minimum). En nog fôkkol. Kom agter iemand (wie se naam ek geheim sal hou om die duidelik skuldige persoon te beskerm) het hardgekookte eiers ingepak vir lunch. Bliksem. Want onthou jy daar fôkkol van vroeër? Daar's nog. Nog baie. En ons kry die meeste daarvan. So ons breek toe maar vir lunch, figure ons eet die bad luck op en poep dit uit, dan kyk ons weer vir bokkies. Die boer parkeer op 'n stuk sand, ons begin hout optel vir vuur vir wors braai. Ek tel rustig hout op, kyk op, en daar staan 'n trop van so twintig gemsies vir my en eyeball. Kak amper net daar in my broek. Kap dit terug bakkie toe, begin guns afpak (almal lê bo op mekaar op die dak). Probeer my asem terug kry (die uwe is moer onfiks) en soek 'n bok in die teleskoop. Maar die bokkies vermoed onraad en begin beweeg. Toe daar op die ou end 'n bok (op hierdie stadium lyk almal ewe groot) stilstaan, sonder ander bokke rondom hom, besluit ek nou is nie 'n tyd om kieskeurig te wees nie (a.g.v. al die fôkkol so vêr) en ek pot hom. Bok mik so half mank noord. SM1 seg "jy't sy been gebreek, skiet hom weer". Ek maak so, click. Short stroke. Fok. Haal weer oor, maar toe draai bok om en ek 'n gat so groot soos 'n maglite aan die ander kant so cool, daai bok gaan nêrens nie. Piele. Ek duik plat sodat SM3 ook aan boord kan kom, maar teen die tyd wat hy in posisie is is die bokke nie meer nie, so ons gaan tel maar my bokkie op. Vet koei, maar heelwat kleiner as netnou deur die teleskoop. Ek is hêppie. Eiers se moer. Ons hervat hout-optel en lunch. Eet die eiers, net om seker te maak. Na lunch kry ons die trop so twee duine verder maar daai goed leer vinnig, toe ons ons oë uitvee sien die SBHBSS hulle oor 'n duin beweeg, lyk sommer so 'n paar kilos suid. Daai goed motor as hulle wil. Ons volg spoor, sien hulle is oor een van die binnekamp drade. Ry op teen 'n duin, ja, daar staan hulle, nie té vêr nie. Probeer in posisie kom maar wag! Wat's die? Nog 'n troppie, net onder die duin, 100m, rustig so asof hulle van die kaap af kom. SM1 nomineer 'n eenhoringbok in die middel van die trop en SM3 skiet hom dat hy wobble. SM3 figure dis mis, ek seg "nee broer, ek het daai ding fyn dopgehou, daai skoot was raak, skiet hom weer". Nie dat die eenhoringbok, of enige van daai bokkies, gestres is nie. Staan rustig vir ons en kyk. Eenhoring staan met sy poepol na my toe, en toe ek hom in die sights het vra ek of ek hom moet skiet en SM3 (wat nog steeds dink dit was mis) sê ja. Keuse is Texas hartskoot, nek of kop so ek vat toe maar 'n kans op die kop en bokkie val dat die stof staan. Koeël is regteroog in en linkeroog uit, blinde geluk as jy my vra. En ja, SM3 hét hom raakgeskiet, net so agter sy longe deur). Piele. En so is ons terug woonplek toe en SM2 het probeer (maar nie geslaag nie) om al die hout op te brand, en ons almal het probeer om al die drank op te drink (helaas) want ons is op dag twee van 'n drie dag trippie en ons is klaar geskiet. Toe kom ons maar vroeg terug.